ANC-lede moet bedank
Die leier van die UDM in Suid-Afrika, Bantu Holomisa, het ‘n beroep gedoen op die Uitvoerende Komitee van die ANC om hulle poste te ontruim in die lig van die dreigemente dat ondersteuners van die Sekretaris-Generaal van die party Ace Magashule die buurland tot stilstand wil bring as Magashule afgedank word oor bewerings van korrupsie […]
Hage bly! – PLAN-veterane
Die Plan-veterane het President Hage Geingob verdedig en volgens berigte lede van die opposisie gewaarsku dat hy nie uit sy amp verwyder sal word nie. Die President van die Namibiese Nasionale Vryheidsveterane Vereniging Ben Shikongo sê Geingob sal oor hulle dooie liggame verwyder moet word. Hy is van mening dat leiers en ouderlinge herhaaldelik beledig word en dat die gedrag onmiddellik gestaak moet word. Hy […]
Verslag is ingedien – gesondheid
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid dring daarop aan dat hy wel sy verslag oor sy besteding van 727 miljoen Namibiese doller noodbegroting vir Covid aan die Kantoor van die Ouditeur-Generaal oorhandig het. Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke sê hy het niks ontvang nie. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Ben Nangombe het reeds in Februarie aangekondig dat […]
Noble, Azhar weer in die hof
Grant Noble, 36 jaar oud en Dinath Azhar, 62, die twee inwoners van Walvisbaai wat daarvan beskuldig word dat hulle amper 206 miljoen Namibiese doller se kokaïne deur Namport probeer insmokkel het, sal weer vandag voor Regter Orben Sibeya in die Windhoek Hoërhof verskyn. Die verhoor sal vandag begin Noble en Azhar is op 15 […]
Chauvin het prosedures oortree
Die Polisiehoof van Minneapolis, Medaria Arradondo, het getuig die geweld wat die voormalige polisiebeampte Derek Chauvin teen George Floyd gebruik het, was strydig met die stad se polisiebeleid. Chauvin staan tereg vir die moord op Floyd, maar het skuld ontken op al die klagte teen hom. Daar word berig dat die polisiehoof het Chauvin en […]
Baba weggegooi in Suide
Die Namibiese polisie sê dat ‘n ontbinde liggaam van ‘n baba in ‘n verlate huis in Aussenkehr gevind is. Die voorlopige ondersoek toon dat die kleintjie moontlik 4 of 5 maande oud was. Daar is tans geen verdagte in die saak nie en die baba se liggaam is vervoer na Rosh Pinah vir ‘n nadoodse ondersoek.
Verskeie ernstige, noodlottige ongelukke
Roetes regoor die land was die afgelope Paasnaweek besig met swaar verkeer veral op die roetes na die kus en die noorde. Volgens die Namibiese verkeersowerhede was daar verskeie ernstige en noodlottige motorongelukke. Vir die jongste sluit ons aan by Adjunk Kommissaris Amalia Gawanas, Hoof van die Verkeersafdeling by Nampol.
Putin: president vir ewig?
Die Russiese President Vladimir Putin het wetgewing onderteken wat hom formeel die reg sal gee om tot 2036 aan bewind te bly. Die wet is ná verlede jaar se referendum reeds deur die Parlement goedgekeur. Die 68-jarige Putin, wat reeds 20 jaar as president gedien het, kan na sy vierde termyn, wat in 2024 eindig, nog twee keer […]
Brittanje sal in Mei vlugte hervat
Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê Brittanje is vol hoop dat hulle van 17 Mei af weer vlugte wêreldwyd sal kan hervat. Die land sal van volgende Maandag af Covid-19 inperkingsmaatreëls begin verslap. Dit sluit in die heropening van winkels, gimnasiums en kroeë. Meer as 126 000 mense is tot dusver in Brittanje aan […]
Reaksie op Vilho se vergadering met Geingob
Reaksie word ontvang oor die Namibiese Minister van Verdediging, Peter Vilho, wat waarskynlik vandag met President Hage Geingob by Staatshuis gaan vergader oor die bewerings oor sy beleggingsrekening in Hongkong. Dit volg na berigte dat die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa bevestig het dat daar ‘n ondersoek gelas is oor die rekening veral in verband met ‘n […]