Owerhede konfiskeer N$2m se dwelms in April

Die Namibiese polisie het die jongste syfers oor dwelms bekend gemaak. Luidens ‘n verslag van die mag is daar in April beslag gelê op net minder as 2 miljoen Namibiese doller se dwelms. Metamfetamien het die meerderheid uitgemaak met 2,74 kilogram ter waarde van 1,37 miljoen doller wat gevind is. Net minder as 1 500 kilogram dagga ter waarde van 516 000 doller is gekonfiskeer met 9 000 doller se mandrax, en 37 000 doller se kokaïne. Nampol sê 137 verdagtes is gearresteer waarvan 124 Namibiese burgers is. Die ander is vanaf Angola, Burundi, Nigerië, Suid-Afrika, Zimbabwe en Zambië. Die metamfetamien waarop beslag gelê is hou verband met die insident by Hosea Kutako Internasionale Lughawe waar twee vroue in hegtenis geneem is, op pad na Brasilië. Die dwelms was versteek in hulle bagasie.