Wees op julle hoede, Copps 94.1 is terug!

Kosmos 94.1 se Copps-program is van vanaand af terug op die lug saam met ons borge G4S, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue en die Windhoek Stadspolisie. Daar was vanoggend ‘n geleentheid op Kosmos 94.1 se promosie balkon om die program van stapel te stuur. Maar, Superintendent Charl Morkel het inwoners van die […]

Read More

Nicklaus het Evans inspireer

Ryan Evans van Engeland sê raad van die legendariese Amerikaanse gholfspeler Jack Nicklaus het hom geïnspireer voordat hy gister met die Dimension Data Pro-Am op die Outeniqua-gholfbaan by Fancourt in die Wes-Kaap begin het. Hy het ‘n openingsronde van tien onder 62 aangeteken en is een hou voor Michael Hoey van Noord-Ierland. Evans sê sy […]

Read More

Nageslagte sal betaal vir ANC-regering se skuld

Die Suid-Afrikaanse Adjunk Minister van Finansies, David Masondo, maan die regering om sy skuld deeglik te bekyk aangesien hy tans 270 miljard Namibiese doller per jaar bestee om dit te diens. Masondo het dié mening gelug op die Nasionale Tesourie se konferensie oor die Hersiening van Regeringsbesteding. Masondo sê toekomstige geslagte sal vir altyd die […]

Read More

Verkeerde man vrygelaat in Mariental

Bewaarders by Korrektiewe Dienste in Mariental sal dissiplinêr verhoor word nadat die verkeerde gevangene vrygelaat is. Volgens berigte is Bernadus Khariseb met Bernadus Gariseb verwar. Die mees basiese reëls is volgens die Kommissaris-Generaal van Korrektiewe Dienste Raphael Hamuyela verontagsaam. Volgens hom verskil hulle misdaad. Die verwarring het ontstaan toe iemand ‘n boete vir Gariseb se […]

Read More

NBC: raad ontmoet vandag

Die Voorsitter van die NBC-raad, Lazarus Jacobs sê ‘n verklaring in verband met die staking by die nasionale uitsaaier sal vandag uitgereik word. Die raad vergader vanoggend in die verband. Intussen staak werknemers sedert 23 April en al die uitsaaier se kanale is dood. Die betrokke vakbond Napwu wil die korporasie hof toe sleep omdat […]

Read More

Inentings tel plaaslike op

Meer Namibiërs word op die oomblik ingeënt en syfers tel stelselmatig op en tans het net minder as 37 000 persone hulle Covid-spuit ontvang. Die Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe…

Read More

EU sal gesels oor patentreg

Die Europese Unie sê hy glo hy sal sy doelwit haal om teen Julie genoeg dosisse entstof te kon kry sodat hy 70 persent van die volwassenes in Europa teen Covid-19 kan inent. Nagenoeg 200 miljoen dosisse entstof is tot dusver in die Europese Unie versprei. Die Kommissaris van die EU, Ursula von der Leyen, […]

Read More

Voëlgriep in die Wes-Kaap bevestig

‘n Braaihoender-boerdery in die Worcester-omgewing in die Wes-Kaap het positief getoets vir voëlgriep. Dit volg na vroeëre uitbrake van die hoogs aansteeklike siekte in Gauteng en Noordwes. Die plaas, wat pas besmet is, is onder kwarantyn geplaas en die proses om die aangetaste hoenders menslik van kant te maak is aan die gang. Die Wes-Kaapse […]

Read More

Joschko se siviele eis teen Dippenaar staan stil

Plaaslike media berig dat ‘n statusverhoor in die siviele eis van die Duitse burger Antonia Joschko teen Jandré Dippenaar op 11 Mei gehou sal word. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van amper 11 miljoen Namibiese doller na die noodlottige ongeluk van 29 Desember 2014 waar sy haar suster en haar ouers verloor het. Luidens berigte was […]

Read More

Benguela-seestroom kan koue winter veroorsaak

Sommige dele van Namibië gaan ‘n baie koue winterseisoen vanjaar beleef. Windhoek het gister reënbuie met koel weer gehad wat hoofsaaklik aan die koue Benguela-seestroom toegeskryf word. Johan van den Berg, Suid-Afrikaanse Weerkenner, meen die koue seetemperature kan ‘n invloed op ‘n koue winter hê. Van der Berg gee die vooruitsigte aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More