Geslagsgeweld: Cyril sê agterstand word aangespreek

President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse polisie het ‘n tenderproses begin om alle uitstaande kontrakte toe te ken, vir verbruiksgoedere en ander produkte wat nodig is om die DNA-agterstand in sake van geslagsgeweld aan te spreek. Die polisie het 3 534 geslagsgeweldsake afgehandel, wat vir langer as ‘n jaar uitstaande was, maar daar is steeds meer as 23 000 aktiewe sake. Ramaphosa sê die hele samelewing, veral mans en seuns, moet mobiliseer om te verseker die regte van vroue word respekteer: