Boulter se borgverhoor duur voort

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, se borgtogverhoor duur vandag vir ‘n derde dag in die landdroshof op Outjo voort. Dit is deur die Kunene-streek se Adjunk-Kommissaris Rudolf Kanyetu bevestig. Die Ondersoekbeampte was gister in die getuiebank, asook Boulter se Sielkundige, Charine Glen-Spyron. Hy staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk wat op 27 Februarie ná ‘n noodlottige skietvoorval op Boulter se plaas Kaross in die Kamanjab-distrik. Hy is ook in die hand gewond en het sedertdien in verskillende hospitale behandeling ontvang.