25 dood in Rio-klopjag

Minstens 25 mense, onder wie ‘n polisiebeampte, is dood tydens ‘n klopjag in Brasilië se hoofstad, Rio de Janeiro. Die optrede word beskryf as een van die ergste in sy soort in die stad. Luidens berigte het die polisie-klopjag plaasgevind in weerwil van ‘n hooggeregshofbevel ‘n jaar gelede wat dié soort optrede tydens die Covid-19-inperkings verbied. Die polisie sê die optrede was nodig om te verhoed dat kinders en tieners by misdaad ingetrek word. Die bende teen wie die klopjag gemik was, is vermoedelik by dwelmsmokkelary, straatroof, moorde en ontvoerings betrokke.