Maskers weer verpligtend in openbaar in Nieu-Seeland

Nieu-Seeland het tydelik halt geroep met sy reisborrel met Sydney, Australië, terwyl dié stad die oorsprong van sy jongste Covid-gevalle probeer opspoor. ‘n Paartjie is positief getoets. Maskers is weer verpligtend in die openbaar.