Kora: Hage het US$6m belowe sê Adjovi

Die Kora-verhoor duur voort in die Hoërhof in Windhoek. Luidens Ernst Adjovi se stukke het President Hage Geingob sy teleurstelling uitgespreek in die versuim van die sakegemeenskap om die Kora-musiektoekennings te ondersteun. Hy het volgens Adjovi belowe om 6 miljoen Amerikaanse doller by vriende en besighede te bekom. Luidens berigte is die inligting vervat in ‘n brief wat deur Adjovi onderteken is en aan die destydse Prokureur-Generaal Sacky Shanghala gerig is. Adjovi het geskryf dat hy nie fondse in Namibië kan bekom nie en sy gesant Tonata Shiimi het aan hom bevestig dat Geingob onderneem het om die geleentheid te ondersteun. Die Namibiese Toerismeraad dagvaar Adjovi vir net minder as 24 miljoen Namibiese doller wat as ‘n deposito oorbetaal is vir die toekennings om in Namibië plaas te vind. Die saak sloer sedert 2016.