Jones is kaptein vir Leeu-toer na SA

Alun Wyn Jones is die kaptein vir die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika wat op 3 Julie afskop met ‘n wedstryd teen die Stormers in Kaapstad. Die veteraan-slot het al 157 toetse vir Wallis en die Leeus gespeel en die komende toer sal sy vierde vir die Leeus wees. Afrigter Warren Gatland […]

Read More

SAPD moet ingryp met plaasaanvalle

Die Demokraitese Alliansie in Noordwes het die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie, Bheki Cele, gevra om in te gryp na nog ‘n plaasaanval naby Brits. Die hoof van die DA se hof-moniteringseenheid in Noordwes, Carin Visser, sê in die jongste voorval is ‘n boer, Pier Schutte, in ‘n ernstige toestand na ‘n hospitaal in Johannesburg vervoer […]

Read More

WTO se Sekretaris-Generaal woon konferensie in Windhoek by

Die Namibiese Minister van die Omgewing, Bosbou en Toerisme, Pohamba Shifeta, en die Wêreld Toerisme-organisasie se Direkteur vir Afrika, Elcia Grandcourt, het vandag aangekondig dat Windhoek vanaf 14 tot 16 Junie ‘n streekskonferensie sal huisves. Die tema van die konferensie is “Strengthening Brand Africa for the Swift Recovery of the Tourism Sector”. Volgens Shifeta sal […]

Read More

Skermskraping maak ondernemings kwesbaar

Sakeondernemings word gewaarsku dat die proses van skermskraping hulle ondernemings kwesbaar kan laat omdat dit derde partye toegang gee tot hulle maatskappy se data. Die hoof-risikobestuurder by FNB Business in die buurland, Nadiah Maharaj, sê daar is verskeie voorbeelde van skermskraping. Die mees algemene blootstelling uit ‘n sakeonderneming se oogpunt is wanneer ondernemings programmatuur gebruik […]

Read More

Cyril ontken geskorste Ace skors hom

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het na bewering sy ontsteltenis uitgespreek oor die geskorste ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule se bewerings dat hy ook geskors is. Ramaphosa het volgens berigte hierdie opmerkings gemaak tydens ‘n ontmoeting van die ANC-koukus toe ANC-LP’s na ‘n maand lange onderbreking weer vergader het. Die waarnemende woordvoerder, Nomfanelo Kota, word aangehaal dat Ramaphosa […]

Read More

MTC Netbal Premierliga skop af

Die lang verwagte MTC Namibiese Netbal Premierliga het vandag afgeskop en sal tot die naweek voortduur. Visepresident van Netbal Namibië, Rebekka Goagoses, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê 12 klubs neem in die liga deel.

Read More

Cyril sê ANC sal aan verkiesing deelneem

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die ANC sal nie sy deelname aan die komende plaaslike regeringsverkiesing onttrek nie. Hy het gereageer op vrae in die Parlement rakende sy verskyning voor die staatskapingskommissie. ‘n Vraag is geopper oor of die party geskik is om steeds die land te lei. Ramaphosa sê dit is in die belang […]

Read More

Mali-vrou skenk geboorte aan negeling!

‘n Gesin in Mali het oornag tot 11 lede gegroei nadat ‘n 25-jarige vrou aan nege babas geboorte geskenk het. Die vyf dogtertjies en vier seuntjies is met ‘n keisersnit in ‘n hospitaal in Marokko in die lewe gebring. Dit was twee meer as wat dokters tydens skanderings regdeur die vrou se swangerskap opgemerk het. […]

Read More

Rundu: 14 onwettige betogers vas

Altesaam 14 mense is by die Rundu-polisiekantoor in hegtenis geneem nadat hulle glo aan ‘n onwettige optog deelgeneem het. Hulle staar ook klagte van aanranding en dwarsboming van die gereg in die gesig. Die inhegtenisneming spruit uit ‘n groep inwoners van Tumweneni, ‘n nuwe informele nedersetting aan die buitewyke van Rundu, wat ‘n optog voor […]

Read More

NWR beperk skade aan toerismegeriewe

Ná vier jong Franse toeriste bome by die kampeerplek van Erongo Plateau Camp beskadig het, ontstaan die vraag gevra hoe gereeld Nambiese toerismegeriewe deur toeriste beskadig word. Sowat ‘n jaar gelede het een Kanadees en drie Franse toeriste graffiti op die geskiedkundige Garub-treinstasie naby Aus aangebring. Mufaro Nesongano van Namibia Wildlife Resorts sê toeriste beskadig […]

Read More