Hiervoor kan groenwaterstof gebruik word: Mnyupe

Groenwaterstof bly vandag in die nuus met Cleanergy Solutions Namibia se bekendstelling van sy fasiliteit in Walvisbaai. Die bekendstelling is in samewerking met CMB.Tech en die 0&L groep. Die fasiliteit sal een van die produsente van groenwaterstof wees. James Mnyupe, die groenwaterstof kommisaris, het by die geleentheid gepraat en het die potensiële gebruike van groenwaterstof in die land gelys.