Kuberkrakers sê jammer oor Colonial

Die Amerikaanse FBI sê die kuberaanval op Colonial Pipeline in Texas is deur ‘n groep, DarkSide, uitgevoer. Losprys-sagteware is gebruik in die kuberaanval wat die verspreiding van brandstof en olie teen die Amerikaanse ooskus bemoeilik het. President Joe Biden moes ‘n noodtoestand verklaar om toe te laat dat brandstof per pad vervoer kan word. DarkSide […]

Read More

So lyk ons damme

Daar is 1,8 miljoen kubieke meter vanuit Hardapdam onttrek in die afgelope week. Volgens die jongste dam bulletin van NamWater staan Hardap tans op 67,7 persent van kapasiteit. Naute by Keetmanshoop is op die oomblik net meer as 100 persent vol en Neckartal ook maar lesings in laas op 29 Maart geneem. Bronne vir die […]

Read More

Internasionale byeenkoms baie goed vir toerisme

Die Namibiese toerismebedryf is opgewonde dat die land ‘n groot internasionale geleentheid gaan huisves. Namibië gaan gasheer speel vir die Verenigde Nasies se Toerisme-organisasie se Afrika-streekskonferensie in Junie. Toergids Josef Kafunda het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoe toerismebesighede voordeel kan trek uit so ‘n internasionale geleentheid.

Read More

Ongelyke toegang tot entstof verleng pandemie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die oordrag van die korona-virus word verhoog deur die verspreiding van Covid-19 variante, meer sosiale skakeling, die verslapping van maatreëls oor openbare gesondheid en sosialisering, en ongelykheid ten opsigte van die beskikbaarheid van entstowwe. Altesaam 3,3 miljoen mense het volgens die WGO wêreldwyd aan Covid-19 verwante oorsake gesterf. Die Direkteur-Generaal van die […]

Read More

Winde reik uit na pensioenarisse in die Kaap

Die Wes-Kaapse Premier Alan Winde, sê hy is ietwat bekommerd dat daar tans slegs ‘n derde van die provinsie se bejaardes vir hul Covid-19 inenting geregistreer het. Winde sal die week verskeie dele van die Kaapse Wynland distrik besoek om soveel bejaardes, ouers as 60, wat vir die volgende fase van die land se inentingsveldtog […]

Read More

Dippenaar moet vandag verskyn

Die siviele eis wat die Duitse burger Antonia Joschko teen Jandré Dippenaar ingestel het is geskeduleer om vandag voor te kom voor Regter Kobus Miller. Die saak is op 30 Maart na vandag toe uitgestel omdat Dippenaar nie verskyn het nie. Sy regsverteenwoordiger het onttrek. Miller het opdrag gegee dat Dippenaar vandag verskyn en verduidelik […]

Read More

Seibeb beveel om te verskyn

Die Nasionale Vergadering se Staande Komitee op Voordele het opdrag aan die Hoofsweep van die LPM-party Henny Seibeb gegee om op 18 Mei voor die komitee te verskyn. ‘n Verhoor word gehou in verband met die chaos na President Hage Geingob se Staatsrede op 15 April. Seibeb het ingevolge die reëls van die Huis nie […]

Read More

Ace: Cyril het oorlog verklaar

Die Suid-Afrikaanse Politieke Ontleder Daniel Silke sê President Cyril Ramaphosa het oorlog verklaar toe hy in ‘n vernederende opdrag, ‘n verskoning van die geskorste Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magashule, geëis het. Die regerende party se Nasionale Uitvoerende Komitee wil hê Magashule moet in die openbaar om verskoning vra vir die brief waarin hy Ramaphosa […]

Read More

Tariewe in hoofstad styg, huishoudings sukkel reeds

Vir die finansiële jaar 2021-2022 het die meerderheid van Stad Windhoek se tariewe nie verhoog nie, maar dit het minimum verhogings voorgestel wat aan die relevante owerhede vir goedkeuring voorgelê is. Dit sluit in die veranderde elektrisiteitstariewe afhangend van die Elektrisiteitsbeheerraad. Watertariefveranderings word ook oorweeg, afhangende van NamWater. Vir riooltariewe en vullisverwydering word ‘n 5 […]

Read More

Boris en daardie vakansie…

Nóg ‘n storm het om die Britse Premier Boris Johnson se kop losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat die Parlementêre Kommissaris vir Standaarde sy reis in 2019 na Mustique ter waarde van 15 000 pond ondersoek. Volgens internasionale media was die reis vir twee ‘n geskenk.

Read More