Internasionale byeenkoms baie goed vir toerisme

Die Namibiese toerismebedryf is opgewonde dat die land ‘n groot internasionale geleentheid gaan huisves. Namibië gaan gasheer speel vir die Verenigde Nasies se Toerisme-organisasie se Afrika-streekskonferensie in Junie. Toergids Josef Kafunda het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoe toerismebesighede voordeel kan trek uit so ‘n internasionale geleentheid.