LUR vat Amerika aan oor Lindani Myeni

Amerika behoort sy kop in skaamte te laat sak. Dit is die reaksie van die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling in KwaZulu-Natal, Nonhlanhla Khoza, na die liggaam van die 29-jarige Lindani Myeni van Hawaii in Suid-Afrika aangekom het. Die voormalige rugbyspeler van KwaZulu-Natal is deur Honululu-polisie doodgeskiet. Beamptes voer aan Myeni het gewelddadig geraak toe hulle […]

Read More

Namibiese huishoudings met minder besteebare inkomste

Huishoudings in Namibië het volgens die jongste syfers van die Bank van Namibië ‘n inkrimping van 1,7 persent in besteebare inkomste verlede jaar ervaar, teenoor ‘n toename van 1,1 persent wat in 2019 gemeet is. Volgens die plaaslike Ekonoom Klaus Schade beteken dit minder krediet, minder besteding en minder geld wat in die ekonomie sirkuleer.

Read More

Napoleon se lap volgende week onder die hamer

Versamelaars sal volgende week ‘n kans kry om DNS van die Franse Keiser Napoleon Bonaparte te bekom wanneer ‘n lap wat tydens sy nadoodse ondersoek op sy oorskot gebruik is, opgeveil sal word. Hy is op 5 Mei 1821 dood, 200 jaar gelede. Daar sal ongeveer 360 items te koop wees wat van sy hare, […]

Read More

Covid-19 pandemie in Indië versleg

In ‘n situasie wat al hoe meer versleg het Indië die eerste land ter wêreld geword om meer as 400-duisend koronavirusgevalle op een dag aan te meld. Die land se weermag het nou sy hospitale vir die behandeling van pasiënte oopgestel. Bykans drie-en-‘n-half-duisend sterfgevalle is gister aangemeld, wat die totale sterfgevalle op meer as 200-duisend […]

Read More

Dr Geingob loof werkers se rol in vryheidstryd

President Hage Geingob het die rol en eenheid van werkers tydens die vryheidstryd geloof. Die president het in ‘n twitter boodskap daarop gewys dat Werkersdag vandag in Namibië gevier kan word met die wete dat werkers ‘n groot bydrae in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die land gespeel het en vir hulle rol in die vryheidstryd. […]

Read More

Mpumalanga-landbou verlig dat vyf verdagtes borg kry

Mpumalanga-landbou in Suid-Afrika is volgens berigte verlig dat die Piet Retief-Landdroshof borgtog aan vyf mans toegestaan het wat van moord op twee broers verlede maand op ‘n plaas in Pampoenkraal aangekla word. Die boere-organisasie het versoek dat ‘n omvattende ondersoek gedoen word na die beweerde rusie wat tot die skietdood van Zenzele en Mgnici Coka […]

Read More

WGO sal sy bevindings oor Sinopharm en Sinovac binnekort bekendmaak

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sal sy hersienings van die 2 Chinese entstowwe, Sinopharm en Sinovac, sowel as Moderna teen die einde van volgende week bekend maak. Die WGO se Assistent Direkteur-Generaal Mariangela Simao het die aankondiging gedoen. Nog net 3 enstowwe, Johnson en Johnson, AstraZeneca en Pfizer is vir noodgebruik goedgekeur. Indien die Chinese produkte goedgekeur word […]

Read More

Kevin Anderson uitgeskakel in Estoril Ope

Tennis: Kevin Anderson van Suid-Afrika is in die kwarteindronde van die Estoril Ope in Portugal uitgeskakel. Hy het die eerste stel in ‘n valbylstryd teen die sesde gekeurde Marin Cili van Kroasië verloor, waarna hy die handdoek ingegooi het. Daar was ook slegte nuus vir Suid-Afrika se dubbelspel-speler, Raven Klaasen. Hy en sy Japanse spanmaat, […]

Read More

Lekker rugby vandag

Die Stormers se span vir vanmiddag se eerste ronde van die Reënboogbeker-reeks teen die Sharks is versterk deur die terugkeer van die 2019-Wêreld Rugbyspeler van die Jaar, Pieter-Steph du Toit. Hy was vir meer as ‘n jaar uit die spel met ‘n beenbesering en ‘n gebreekte neus. Die onderkaptein van die Stormers, wat onlangs aangewys […]

Read More

SAL nie meer onder besigheidsredding

Besigheidsredding by die Suid-Afrikaanse Lugdiens het tot ‘n einde gekom. Die lugdiens is nou aan die bestuurders en die direksie terugbesorg. Die sakereddingspraktisyns het ‘n kennisgewing van wesenlike implementering by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom in Suid-Afrika ingedien, wat die proses wat 17 maande gelede begin het, beëindig het.

Read More