Tariewe in hoofstad styg, huishoudings sukkel reeds

Vir die finansiële jaar 2021-2022 het die meerderheid van Stad Windhoek se tariewe nie verhoog nie, maar dit het minimum verhogings voorgestel wat aan die relevante owerhede vir goedkeuring voorgelê is. Dit sluit in die veranderde elektrisiteitstariewe afhangend van die Elektrisiteitsbeheerraad. Watertariefveranderings word ook oorweeg, afhangende van NamWater. Vir riooltariewe en vullisverwydering word ‘n 5 persent verhoging voorgestel en 6 persent vir bustariewe. Daar word verwag dat eiendomstariewe ook sal styg. Robert McGregor, Ekonoom van Cirrus in Windhoek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en voorspel dat inwoners se koopkrag weens die tariewe sal verminder.