Seibeb beveel om te verskyn

Die Nasionale Vergadering se Staande Komitee op Voordele het opdrag aan die Hoofsweep van die LPM-party Henny Seibeb gegee om op 18 Mei voor die komitee te verskyn. ‘n Verhoor word gehou in verband met die chaos na President Hage Geingob se Staatsrede op 15 April. Seibeb het ingevolge die reëls van die Huis nie veel van ‘n keuse nie. Beide Seibeb en Bernadus Swartbooi is verwyder uit die kamer. Die twee het intussen die Hoërhof genader om die Speaker se beslissing dat hulle die parlement verbied is tot die komitee ‘n bepaling gemaak het, ter syde te stel maar dit was onsuksesvol. Seibeb het aan nuusagentskappe gesê dat hy brief van die komitee ontvang het en oorweeg tans die saak met sy regsverteenwoordigers.