So lyk ons damme

Daar is 1,8 miljoen kubieke meter vanuit Hardapdam onttrek in die afgelope week. Volgens die jongste dam bulletin van NamWater staan Hardap tans op 67,7 persent van kapasiteit. Naute by Keetmanshoop is op die oomblik net meer as 100 persent vol en Neckartal ook maar lesings in laas op 29 Maart geneem. Bronne vir die Suide staan op die oomblik op 92 persent. In die sentrale gebied is bronne tans op 87,5 persent met Swakoppoort op 95,9 persent en Omatako op 88,4 persent. Daar is net minder as 470 000 kubieke meter water benut vanuit Von Bach en die dam is op 75,5 persent van kapasiteit. Otjivero in die Ooste is op 54,9 persent met die slukdam op 11,3 persent. Tilda Viljoen is 69 persent vol en Daan Viljoen is 99,1 persent vol.