Ongelyke toegang tot entstof verleng pandemie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die oordrag van die korona-virus word verhoog deur die verspreiding van Covid-19 variante, meer sosiale skakeling, die verslapping van maatreëls oor openbare gesondheid en sosialisering, en ongelykheid ten opsigte van die beskikbaarheid van entstowwe. Altesaam 3,3 miljoen mense het volgens die WGO wêreldwyd aan Covid-19 verwante oorsake gesterf. Die Direkteur-Generaal van die organisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die skokkende ongelyke toegang tot entstowwe oor die wêreld heen bly een van die grootste struikelblokke in die beëindiging van die pandemie: