Winde reik uit na pensioenarisse in die Kaap

Die Wes-Kaapse Premier Alan Winde, sê hy is ietwat bekommerd dat daar tans slegs ‘n derde van die provinsie se bejaardes vir hul Covid-19 inenting geregistreer het. Winde sal die week verskeie dele van die Kaapse Wynland distrik besoek om soveel bejaardes, ouers as 60, wat vir die volgende fase van die land se inentingsveldtog kwalifiseer, te oorreed of aan te moedig om vir hul inenting te registreer. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse Korrespondent het die storie…