Dippenaar moet vandag verskyn

Die siviele eis wat die Duitse burger Antonia Joschko teen Jandré Dippenaar ingestel het is geskeduleer om vandag voor te kom voor Regter Kobus Miller. Die saak is op 30 Maart na vandag toe uitgestel omdat Dippenaar nie verskyn het nie. Sy regsverteenwoordiger het onttrek. Miller het opdrag gegee dat Dippenaar vandag verskyn en verduidelik hoekom hy nie einde Maart by die hof opgedaag het nie. Dit is nie duidelik of Dippenaar vandag voor die hof sal verskyn nie maar, die balju het bevestig dat hy persoonlik die hofbevel ontvang het. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese doller en net minder as 715 000 euro na die noodlottige ongeluk van 29 Desember 2014 waar sy haar suster en haar ouers verloor het. Dippenaar het ook ‘n strafregtelike saak waar hy verskeie klagte in die gesig staar. Hy het die voertuig bestuur en 6 mense is in die ongeluk dood. Daar is onder andere, 6 klagte van moord teen hom. Daardie saak hervat in Oktober vanjaar in die Streekshof in Swakopmund.