Boris en daardie vakansie…

Nóg ‘n storm het om die Britse Premier Boris Johnson se kop losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat die Parlementêre Kommissaris vir Standaarde sy reis in 2019 na Mustique ter waarde van 15 000 pond ondersoek. Volgens internasionale media was die reis vir twee ‘n geskenk.