Baie huise word gebou, maar waarde is laag

Meer inligting is bekend oor die bouplanne wat in Maart in Windhoek goedgekeur is. Nuwe wonings het die tweede grootste bydrae gelewer, naas aanbouings by bestaande wonings. Volgens IJG Sekuriteite is 81 nuwe eenhede met ‘n waarde van 86,9 miljoen doller goedgekeur. Dit is ‘n 728,4 persent toename teenoor die waarde in Maart verlede jaar. Slegs 4 kommersiële eenhede, met ‘n waarde van 7 miljoen doller is goedgekeur, teenoor 5 met ‘n waarde van 89,1 miljoen doller in Maart 2020.