Chauvin moet 8 weke wag vir vonnis

Die voormalige polisiebeampte van Minneapolis, Derek Chauvin, sal agter tralies bly totdat hy oor ongeveer agt weke gevonnis sal word vir die moord op George Floyd. Chauvin is skuldig bevind op aanklagte van tweedegraadse moord, derdegraadse moord en manslag. Regter Peter Cahill het Chauvin se borgtog ná die uitspraak herroep en hy kan tronkstraf van tussen 12 en 40 jaar opgelê word. Die drie ander polisiebeamptes wat aanklagte oor Floyd se dood in die gesig staar, sal na verwagting saam in Augustus verhoor word.