‘LAC’ teleurgesteld in Lühl beslissing

Die Namibiese Regshulpsentrum het in ‘n verklaring sy teleurstelling uitgespreek oor die beslissing van die Hoërhof in die aansoek deur Phillip Lühl. Volgens die sentrum, het heteroseksuele paartjies voorheen gebruik gemaak van die wetgewing in verband met surrogaatskap in Suid-Afrika, omdat Namibië geen wetgewing in die verband het nie, en ook geen probleem gehad om die kinders na Namibië te bring nie., Toni Hancox, ‘n Direkteur by die sentrum sê die kinders se regte is opsy geskuif.