Kaapse diere het groot nood

Dierewelsyns-inspekteurs in Kaapstad soek na beseerde en diere wat ly, nadat die verwoestende brand op Tafelberg onder beheer gebring is. Die Woordvoerder van die Kaapse Goeie Hoop-DBV, Belinda Abraham, sê hul soektog na enige vorm van lewe is traumaties omdat hulle ook die verkoolde oorskot van verskeie diere vind. Sy het inwoners van Kaapstad naby die berg versoek om vlak houers water in hul tuine te hou. Sy het hulle ook bedank omdat hul gebruik maak van aflaaipunte vir skenkings van vars vrugte en groente: