Heineken gaan groen

Die internasionale bierbrouer Heineken het sy oogmerk herhaal om teen 2030 geen koolstof meer tydens sy produksieproses vry te stel nie. Hy wil ook hê sy hele waardeketting moet teen 2040 koolstof-vry wees. Heineken sê hy wil in samewerking met sy verskaffers sy koolstofvrystelling regoor sy waardeketting met 30 persent besnoei. Die maatskappy sal die eerste internasionale bierbrouery wees wat hom vir ‘n koolstofvrye waardeketting beywer. Heineken se Bestuurshoof, Dolf van den Brink, sê hulle wil hiermee voldoen aan die doelwit van die Parys Ooreenkoms om aardverwarming tot slegs 1,5 grade Celsius te beperk. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *