IPC verloor 12 lede

Twaalf lede van die Onafhanklike Patriotte vir Verandering, die IPC, het bedank. Die 12 is van die Ruacana kantoor van die party. Hulle sê die party-leier Dr Panduleni Itula is ‘n diktator wat besluite op sy eie maak en verder, die leierskap bestaan uit sekere vriende en die res is onbelangrik. Hulle beweer ook dat daar stamgebondenheid is in die party en dat hulle gebruik is tydens die verkiesings en nou weggegooi word. Hulle sê Itula het geen plan om die land te verander nie. Dit is nie die eerste bedanking wat klagtes oor Itula se leierskapstyl ingesluit het nie. Imms Nashinge, die Woordvoerder van die party wou nie kommentaar lewer nie.