AR-vakbond kan aktief raak

Die Regstellende Herposisionering Beweging se aansoek by die Ministerie van Arbeid vir die stigting van die Revolusionêre Vakbond is nog nie goedgekeur nie maar die beweging werf reeds lede en het vroeër gesê die vakbond sou op 20 April van stapel gestuur word. Volgens die Woordvoerder van die AR, Simon Amunime, werf hulle wel lede maar, hulle oortree geen wette nie. Hy het weer die ministerie daarvan beskuldig dat hulle aspris sloer met die aansoek…