Dan en Midge… wat ‘n verhaal…

‘n Ohio polisiehoof Dan McClelland is op die ouderdom van 67 oorlede na ‘n lang stryd met kanker. McClelland, 67 jaar oud, het internasionaal die nuus gehaal met sy Chihuahua-kruising Midge, wat ‘n gesertifiseerde polisiehond was en in 2006 die Guiness Rekordboek gehaal het as die wêreld se kleinste polisiehond. Hulle het 10 jaar saam gewerk en sy en McClelland het 3 jaar gelede afgetree. Midge, wat tuis was toe haar baas dood is, is ‘n paar ure later ook dood. Sy was 16. McClelland was vir 44 jaar in die diens van Ohio polisie.