Tsjad se president sterf

Die hoof van die weermag in Tsjad, Generaal Mahamat Kaka sal vir die volgende 18 maande die regering van die lei na die dood van sy pa, Idriss Deby, die land se president. Die land se grondwet is vir die tydperk opgeskort. Deby is dood ‘n dag na hy as wenner verklaar is en ‘n sesde termyn gekry het in ‘n verkiesing wat deur die opposisie geboikot is. Hy het troepe in die voorste linie, wat besig was met aktiewe konflik die noorde van die land besoek. Berigte lui dat rebelle vanuit Libië aangeval het en Deby is oorlede. Hy was 68. Hy het in 1990 die land se leier geword na hy die regering omvergewerp het as hoof van die weermag.