Ian Wessels van RSG sterf

Die gewilde radio-omroeper Ian Wessels is op 60-jarige leeftyd dood. Wessels, wat ‘n vraag-en-antwoordprogram vir verbruikers op RSG aangebied het, was ook bekend vir sy geselsprogram, Loslip. Hy was ‘n gewilde motiveringspreker en het as komediant vertonings aangebied. Wessels het talle bestuursposisies in die uitsaaiwese beklee by radiostasies soos OFM en Radio Helderberg. Hy word oorleef deur sy vrou, Liesl. Wessels se kollega, Lizelle de Bruin, sê hy het mense selfs tydens sy siekte geïnspireer: