LP’s vra vir verpligte berading vir geslagsgeweld slagoffers

Lede van die Nasionale Vergadering het gevra dat verpligte berading en ondersteuning aan slagoffers van geslagsgeweld ingestel word. Verskeie lede van die parlement het ingstem en meen dat dit die siklus van geweld in die Namibiese samelewing sal aanspreek. Volgens Maureen Hinda, ‘n Swapo-lid, is geslagsgeweld wel ‘n siklus en trauma lei tot meer geweld. Die Nudo President en Adjunkminister van Gesondheid Ester Muinjangue sê dat meeste oortreders van die tipe geweld, self slagoffers was terwyl die PDM se Elma Dienda bygevoeg het dat rehabilitasie sentrums vir verslaafdes ook belangrik is. Die Nasionale Vergadering het die Wysigingswetsontwerp op die Bekamping van Huishoudelike Geweld bespreek.