Vrou, 48, wen N$17 miljoen in lotto

‘n Agt-en-veertigjarige vrou van Pretoria beplan om haar Lotto-wengeld van 17 miljoen Suid-Afrikaanse rand te gebruik vir haar kinders se opvoeding. Sy sal ook van die geld aan ‘n liefdadigheidsorganisasie gee wat sy ondersteun. Sy beplan ook om haar onderneming uit te brei en haar gesin op ‘n lang vakansie na ‘n tropiese eiland te neem. Die vrou het haar kaartjie by ‘n kafee in Pretoria-Noord gekoop. Intussen is daar na raming 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand op die spel in vanaand se PowerBall-trekking, plus ‘n verdere 30 miljoen in die PowerBall Plus.