Ouditeur-Generaal se 94 ouditverslae die jaar voorberei

Die Kantoor van die Ouditeur-Generaal sal die jaar 94 ouditverslae wat 39 regeringsinstansies en 55 streeks- en plaaslike owerhede insluit, voltooi. Die Minister in die Presidensie Christina //Hoebes het dit bekend gemaak met die begroting besprekings wat in die parlement gevoer word. Die Ouditeur-Generaal het net meer as 108 miljoen Namibiese doller in die huidige jaar ontvang. Junias Kandjeke se personeel sal ook 60 bate inspeksies uitvoer en 12 gespesialiseerde oudit verslae indien. Die skool voedingsprogram se sukses en implementering sal ook deur sy kantoor geëvalueer word saam met verskeie ander ministeries se mandate wat die voedselbank, jeug werkloosheid en meer insluit. Volgens //Hoebes is dit die Ouditeur-Generaal se plig om die prestasie van agentskappe en organisasies binne die regering, sowel as ministeries, te meet.