Oningeënte man kan nie hartoorplanting kry nie

‘n Man is van ‘n hartoorplantingslys afgehaal deur ‘n hospitaal in Boston omdat hy nie ingeënt is nie. DJ Ferguson, 31, se pa het aan media gesê dat sy seun nie in die inenting glo nie en die hospitaal sê hy volg eenvoudig beleid. Ferguson het ‘n oorerflike hartkwaal wat veroorsaak dat sy longe met […]

Read More

Coenie Strydom verskyn weer vandag

Coenraad Strydom se saak sal weer vandag voor die Walvisbaai-landdros John Sindano voorkom. Strydom, 45, word aangekla van die moord op sy vrou Engela op 4 November verlede jaar in hul huis in Meersig op die kusdorp. Volgens die staat het hy sy 49-jarige vrou met ‘n 9mm-pistool in die kop geskiet. Engela is afgevoer […]

Read More

Gemengde voorspellings vir mielie-oeste

‘n Namibiese landbou-kenner reageer op die Landbounavorsingsraad in Suid-Afrika wat sê gegewe die gunstige toestande vir aanplanting vroeër hierdie seisoen en groot gebiede wat baat vind by nat toestande, sal die produksie van wit en geel mielies asook ander grane na verwagting vanjaar bo normaal wees. Die meerderheid se opinie is die oesopbrengs sal egter […]

Read More

Afcon: Nuwe stadion, oomblik van stilte na stormloop

Die Afrikanasiesbeker se kwarteindronde sal op ‘n ander stadion gespeel word. Dit volg ná ‘n voorval waarin agt mense dood en 38 beseer is tydens ‘n stormloop, toe ondersteuners probeer het om die Olembe-stadion in Yaounde binne te gaan. Die Konfederasie van Afrikasokker se president, Patrice Motsepe, het bevestig die wedstryde sal plaasvind op ‘n […]

Read More

Piramiede-skemas bly kommerwekkend – BoN

Die Bank van Namibië het opgemerk dat mense seisoenaal aan piramiede-skemas deelneem, veral na die feesseisoen. Die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab, het al telkemale die publiek gewaarsku om nie hul hardverdiende geld op onwettige skemas te mors nie. Kazembire Zemburuka, direkteur van korporatiewe kommunikasie van die bank, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Eerste lisensie vir vlieënde motor…

Die Vervoerowerheid in Slowakye het ‘n lugwaardigheid-sertifikaat uitgereik vir die vlieënde motormodel AirCar, in wat beskou word as ‘n eerste stap om die voertuig kommersieel te vervaardig. AirCar het in Junie verlede jaar sy eerste tussenstedelike vlug voltooi. Die voertuig word aangedryf deur ‘n 1,6-liter BMW-enjin en het ‘n aanloopbaan van slegs 300-meter nodig om […]

Read More

Waarskuwing oor Oranje-vlakke en suidelike damme

Die Hidrologiese Dienste in die Namibiese landbouministerie het gewaarsku teen ernstige vloede in die Oranjerivier na die onlangse swaar reën, asook oorlope van die Bloemhof en Vanderkloofdam in Suid-Afrika en suidelike Namibiese damme soos die Naute-, Neckartal- en Hardapdam. Die noordoostelike riviere, die Zambezi en Kavango is ook besig om te styg.

Read More

MTC + Buy A Brick = 271 huise

MTC het aangekondig dat sy belegging in 2017 van 10,7 miljoen Namibiese dollar in die Buy A Brick-projek gelei het tot die konstruksie van 271 laekoste huise landwyd deur die Shack Dwellers Federation of Namibia. MTC se woordvoerder Tim Ekandjo sê huise is aan inwoners in verskeie streke uitgedeel met 62 in Otjozondjupa, 52 in […]

Read More

VP+ sê korrupsie moet Covid-kontrakte moet gevolge hê

Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek oor die bevindinge in die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag oor Covid-19-verwante verkryging. Ondersoeke na 4 549 kontrakte is afgehandel en daar is bevind 2 803 hiervan was onregmatig. Die regering se uitgawes aan Covid-19 het tussen April 2020 en September verlede jaar 152,5 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop waarvan […]

Read More

Boris voeg sy stem by teen Putin

Rusland staar Westerse sanksies in die gesig wat erger sal wees as enigiets vantevore indien hy die Oekraïne binneval. Dit is die waarskuwing van Britse eerste minister Boris Johnson. Daar word berig Johnson het die Russiese President Vladimir Putin weer gewaarsku oor die verwoestende gevolge van enige invalle deur sy magte.

Read More