België sal strafhof ondersteun in ondersoek teen Rusland

Die eerste minister van België, Alexander de Croo, beskryf Rusland se aggressie in die Oekraïne as gelykstaande aan die donkerste hoofstukke in Europa se geskiedenis. Hy het op ‘n kabinetsvergadering gesê sy land en hulle bure, Nederland, sal seker maak alles oor die konflik word aangeteken. Volgens Amerikaanse media sê De Croo België sal die Internasionale Misdaadhof se ondersoeke na moontlike Russiese oorlogsmisdade steun, terwyl sy land dit ook oorweeg om forensiese kenners na Oekraïne te stuur. Hy sê oorlogsmisdade behoort nie ongestraf te bly nie.