Uerikua, Nampol en kie vergader met Cheetah-sement

’n Hoëvlak-afvaardiging, gelei deur die Otjozondjupa-goewerneur, James Uerikua, vergader saam met die bestuur van die Cheetah-sementfabriek aan die buitewyke van Otjiwarongo. Die vergadering volg op ‘n aantal klagtes wat werkers teen hul bestuur gerig het sedert die aanleg in 2017 in werking getree het. Op die vergadering se agenda is kommer oor die veiligheid van werkers, salarisverskille tussen Chinese en Namibiese werknemers, ‘n gebrek aan voordele, die bestuur se voortgesette gebruik van ‘n arbeidsverhuringsmaatskappy, en Chinese burgers se besetting van poste wat deur Namibiërs gevul kan word. Verteenwoordigers van die Namibiese polisie, binnelandse sake, die Presidensie, die Otjiwarongo munisipaliteit, arbeidsinspekteurs, en die mynwerkers se vakbond unie woon die vergadering by. Dit volg na agt Chinese burgers, wat onwettig by die fabriek algemene werkersposte beklee het, reeds beboet en gedeporteer is.