Macron en Le Pen hou vanaand debat

Die Franse President Emmanuel Macron en sy verregse uitdager Marine Le Pen sal mekaar vanaand die stryd aansê in ‘n debat wat deurslaggewend kan wees in die wie die presidensiële verkiesing in Frankryk sal wen.  Le Pen is effe agter Macron in meningspeilings maar, haar plan vir Frankryk is aantreklik omdat verbruikers, nes elders, gebuk gaan onder stygende pryse. Haar verregse geskiedenis kan moontlik teen haar tel. ‘n Paar jaar gelede het sy steun vir Russiese President Vladimir Putin uitgespreek, wat nie vandag baie goed afgaan nie. Die debat begin vanaand nege-uur, Namibiese tyd.