Reaksie op Kapofi se stellings oor sekuriteit

Reaksie word ontvang op die kommentaar van die minister van verdediging, Frans Kapofi, op sy begroting van 5,6 miljard Namibiese dollar. Kapofi meen georganiseerde misdaad is ‘n daadwerklike bedreiging vir Namibië en terreur is ook ‘n bron van kommer. Hy het bygevoeg dat die weermag geposisioneer moet word om die Harambee Welvaartsplan te implementeer deur ‘n veilige land te behou. Brian Black, die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change is aan die woord.