Geen landwye onderbreking nie – De Ruyter

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê die kragvoorsiener doen alles in sy vermoë om opwekkingseenhede weer in diens te stel en hou die kwesbare kragstelsel fyn dop. De Ruyter het ‘n kort oorsig oor die kragstelsel gegee en sê die stelsel verbeter en die kragonderbrekings sal môre hersien word. Die land is tans op fase-vier-beurtkrag. De Ruyter het ook herhaal ‘n landwye onderbreking sal nie gebeur nie: