
Arbeid se vryhandel-aksieplan is gereed - November 18, 2022
Die Namibiese handelsministerie sal die Nasionale Afrika Vryhandelsgebied en Implementeringstrategie en Aksieplan vir 2022 tot 2027 op 21 November in Windhoek bekend stel. Die ooreenkoms het onlangs ‘n intra-Afrika betaling- en vereffeningstelsel ingestel. ‘n Opleidingswerkswinkel oor die status van onderhandelinge en die Vroue- en Jeug-protokol sal die volgende dag plaasvind. Die Afrika-unie wil geslagsgelykheid in […]
Trustco en WB beklink groot transaksie - November 18, 2022
Trustco Properties het ‘n groot eiendomstransaksie beklink met die gerespekteerde Namibiese kleinhandelreus, Woermann, Brock en Company. Hierdie transaksie sluit die belegging af wat Trustco Properties in Uitbreiding 3 van die Lafrenz Nywerheidspark gemaak het, aangesien dit die finale gedienste nywerheidserwe was wat beskikbaar was. Om te verseker dat voldoende gedienste nywerheidserwe vir besighede beskikbaar is, […]
Bongani sê Zweli is perfekte ANC-presidentskandidaat - November 18, 2022
Die korrupsie-beskuldigde ANC-parlementslid en voormalige minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo, sê die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is die regte persoon om die party te lei. Mkhize word as ‘n gunsteling bestempel om President Cyril Ramaphosa volgende maand dalk as leier te vervang. Bongo sê die huidige leierskap onder Ramaphosa het die party en […]
Gabby Petito se ouers skik vir US$3m uit Laundrie-boedel - November 18, 2022
Die ouers van Gabby Petito, die 22-jarige reis-blogger wie se verdwyning en moord die wêreld geskok het, het ‘n skikking van 3 miljoen Amerikaanse dollar in die regsgeding wat hulle teen die boedel van haar verloofde, Brian Laundrie, aanhangig gemaak het, bereik. Petito het in Augustus verlede jaar verdwyn tydens ‘n reis met Laundrie, 23, […]
Tshwane-speaker lê klag na ANC-geweld - November 18, 2022
Die speaker van die Stad Tshwane, Murunwa Makwarela, sê die gewelddadige optrede van ANC-raadslede tydens ‘n raadsitting die week, kan moontlik ‘n oortreding wees van die gedragskode. Hy het by die Brooklyn-polisiekantoor ‘n strafregtelike saak teen die raadslede geopen. ‘n Struweling het na bewering ontstaan toe ANC-raadslede geweier het dat die raad verslae aanvaar wat […]
Boere betaal 56% meer as minimumloon - November 18, 2022
Die Namibiese Landbouwerkgewers-vereniging se twee-jaarlikse loonopname is voltooi. Die opname toon dat die gemiddelde waarde van die basiese salaris van plaasarbeiders, in kontant en rantsoen 2 574 Namibiese dollar per maand, beloop, ’n styging van 8,79 persent teenoor 2020. Hiervan is die maandelikse kontantsalaris gemiddeld 1 880 dollar en die waarde van rantsoene is 694 dollar. […]
Republikeine bevestig Biden-ondersoek - November 18, 2022
Nadat hulle ‘n meerderheid behaal het in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, sê die Republikeine hulle gaan ‘n ondersoek doen na die omvang van president Joe Biden se betrokkenheid by sy seun, Hunter, se sake-belange en -transaksies. In ’n voorlopige verslag wat gister uitgereik is, voer hulle aan die president het vir die Amerikaanse volk […]
Gates-stigting beloof US$7 miljard in hulp aan Afrika - November 18, 2022
Die Bill & Melinda Gates-stigting het hom verbind tot 7 miljard Amerikaanse dollar in hulp aan Afrika oor die volgende vier jaar. Die krisis in Oos-Europa het die hoeveelheid hulp wat na die vasteland vloei, verminder. Die stigting se belofte, wat 40 persent hoër is as die bedrag wat gedurende die vorige vier jaar bestee is, sal […]
Nuwe veldtog vir Covid-inenting van stapel gestuur - November 18, 2022
Die Namibiese gesondheidsministerie het met die ondersteuning van die Verenigde State ‘n opgedateerde webwerf en ‘n sosiale media-veldtog van stapel gestuur wat fokus op die verskaffing van korrekte inligting en die bekamping van fopnuus oor Covid-entstowwe en die pandemie. Aanlyn-platforms soos Facebook, Twitter en Instagram is geïdentifiseer as kragtige beïnvloeders van die publiek, beide op […]
Kaap bou 42% van alle geboue in SA sedert Januarie - November 18, 2022
Byna 42 persent van alle geboue wat tussen Januarie en September vanjaar in Suid-Afrika voltooi is, is in die Wes-Kaap. Die geboue het ‘n totale waarde van 21,39 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat ‘n jaar-tot-jaar groeikoers van 30,3 persent verteenwoordig. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê as ‘n leidende aanwyser van ekonomiese vertroue in ‘n […]