Sassa staak nuwe toelaag-aansoeke

Die buurland se maatskaplike sekerheidsagentskap Sassa sê hy verwerk nie nuwe aansoeke om die Covid-19-toelae nie, totdat die regering die regulasies aanpas en die toelae verskuif van die Wet op Rampbestuur na die Wet op Maatskaplike Bystand. Die woordvoerder van Sassa, Paseka Letsatsi, sê die wetlike raamwerk vir die toelae het na die beëindiging van die ramptoestand verander. Letsatsi sê die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling is besig om die toelae in te sluit in die regulasies van die Wet op Maatskaplike Bystand.