Baba-kameelperd bring ‘n glimlag

Die Nasionale Dieretuin wat goed bekend is as die Pretoriase Dieretuin, het nog ‘n suidelike kameelperd-kalf verwelkom. Dit is die tweede kalf in die afgelope 19-maande. Die bestuur sê in ‘n verklaring die band tussen die ma, Momosa, en baba Gio word sterker na die geboorte op die 11de van die maand. Die geslag van die kalf is nog nie bekend gemaak nie. Gio sluit aan by pa Bonita en broer Tiego.