Gasvryheidsvereniging hou Toerisme Handelsforum in Windhoek

Die Gasvryheidsverening van Namibië hou tans hul Toerisme Handelsforum in die hoofstad. Dit volg op hul suksesvolle kongres en toerisme-gala in Februarie in Lüderitz. Die toerisme-sektor is hard geslaan deur die Covid-pandemie, maar is besig om weer te herstel. Die Toerisme Handelsforum bied nuwe sakegeleenthede vir toerisme-organisasies. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die vereniging, […]

Read More

SA minister van justisie sal protokol vir skenker-finansier einde Junie implementeer

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, sê hulle sal na verwagting die protokol vir skenker-finansiering teen die einde van die maand implementeer. Dié protokol sal dit vir die Nasionale Vervolgingsgesag moontlik maak om skenkers se finansiering te gebruik in sake wat voortspruit uit die kommissie van ondersoek na staatskaping. Die Nasionale Vervolgingsgesag benodig ‘n […]

Read More

Albino-olifanttjie vier mylpaal 

Die Hoedspruit-olifantrehabilitasie-en-ontwikkelingsentrum, HERD, in Limpopo, vier ‘n mylpaal met hul aangenome albino-olifant, Khanyisa, want die skaal toon sy weeg nou 600 kilogram. Die sentrum is op die terrein van die Kapama-wildreservaat geleë. Die seldsame dier is in September 2020 aangeneem toe sy net vier maande oud was. Sy was ernstig beseer. Volgens HERD benodig die […]

Read More

Gaan neem môre ‘n troeteldier aan by DBV van Windhoek

Die Dierebeskermingsvereniging se gunsteling-projek van die jaar, Adoption Clear The Shelters, is aan die gang. Tydens die projek word liefdevolle huise regoor Namibië vir soveel as moontlik troeteldiere probeer vind. In Windhoek sal 50 persent afslag op aannemingsfooie op troeteldiere aangebied word. Die bedryfsdirekteur Sylvia Breitenstein nooi Windhoekers uit om môre die Windhoek-tak te besoek.

Read More

DA met afgryse vervul oor misdaadstatistiek

Die DA is met afgryse vervul oor die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van 2021/2022 waarin die gewelddadige misdaad- bloedbad blootgelê word wat gemeenskappe in Suid-Afrika besoedel. Die minister van polisie, Bheki Cele, het vandag die jongste misdaadstatistiek aan die parlement voorgelê. Volgens dié statistieke was daar 6 083 moorde tussen Januarie en Maart vanjaar. […]

Read More

Nampol trek 137 dwelmverdagtes in Mei vas

Die Namibiese polisie het in Mei 137 mense in verband met dwelms in hegtenis geneem. Uit die 137 arrestasies was 121 Namibiërs. Volgens ‘n misdaadverslag van Nampol is 121 448 kilogram dagga ter waarde van meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar gekonfiskeer. Beslag is op 244 Mandrax-tablette ter waarde van 29 280 dollar gelê. 

Read More

Malema en kie se ontslagaansoek van die hand gewys

Die EFF-leier Julius Malema en parlementslid Mbuyiseni Ndlozi se ontslagaansoek is deur die landdroshof in Randburg van die hand gewys. Hulle word aangekla dat hulle ‘n beampte aangerand het tydens Winnie Mandela se begrafnis in 2018. Die voorsittende landdros Leiland Poonsamy sê die staat het genoeg bewyse voorgelê vir die verhoor om voortgesit te word.

Read More

Klimaatsverandering het impak op voëls se broeiprestasie 

Vinnige klimaatsverandering kan die fisiologie, optrede en voortplantingsukses van diere negatief raak. Volgens Nicholas Pattinson van die Percy Fitzpatrick-instituut vir Afrika-voëlkunde aan die Universiteit van Kaapstad kan hoë temperature, wat hittegolwe insluit, negatief inwerk op broeiprestasie. Pattinson sê dit kan lei tot verminderde kanse vir jong voëls om te oorleef tot volwassenheid. 

Read More

Urine-saak: Moet Chinese vrou gedeporteer word?

‘n Chinese sakevrou, die 45-jarige Weng Long Zumei wat skuld erken het dat sy urine op ‘n straatverkoper by Stop n Shop gegooi het, veroorsaak ‘n openbare herrie ná haar arrestasie en boete van een duisend Namibiese dollar. Namibiërs sê nou hulle is moeg vir die slegte behandeling van Chinese en daar is ‘n oproep […]

Read More

SA se seksuele misdrywe styg met 13,7%

Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, sê ‘n toename van 13,7 persent is aangeteken in sake van seksuele misdrywe, met kontak-seksuele misdrywe wat die enigste afname in hierdie misdaadkategorie getoon het. Hy het die misdaadstatistiek vir die eerste drie maande van vanjaar bekend gestel. Cele sê 10 818 mense is in hierdie tydperk in […]

Read More