SA minister van justisie sal protokol vir skenker-finansier einde Junie implementeer

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, sê hulle sal na verwagting die protokol vir skenker-finansiering teen die einde van die maand implementeer. Dié protokol sal dit vir die Nasionale Vervolgingsgesag moontlik maak om skenkers se finansiering te gebruik in sake wat voortspruit uit die kommissie van ondersoek na staatskaping. Die Nasionale Vervolgingsgesag benodig ‘n bykomende 1,7 miljard Suid-Afrikaanse rand om sake wat met staatskaping verband hou, af te handel en die organisasie te moderniseer. Lamola sê ‘n taakspan gemoeid met die protokol vir skenkerfinansiering stel tans ‘n gedetaileerde verslag met seker voorstelle saam.