SA kla oor min Namibiese skape by abattoirs, maar…
Danie Naudé, ‘n navorsingsassistent aan die Universiteit van die Vrystaat, het by die Keetmanshoop-streekkongres van die Namibië Landbou-unie en Veeprodusente-organisasie ‘n tekort aan Namibiese skape by Suid-Afrikaanse slagplase bespreek. Hy was deel van ‘n navorsingspan wat Suid-Afrikaanse wanpersepsies wat Namibië blameer vir swak speenkalf- en skaappryse bestudeer het. Dit spruit deels uit Namibië en Botswana se grensbeheer vir sekere gewasse, wat volgens Suid-Afrikaners strydig is met die SACU-ooreenkoms. Die studie het bevind Namibiese skape is van kritieke belang vir sommige abattoirs, met een slagplaas wat 90 persent van sy deurset van Namibië verkry. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels, wat meer inligting gee.