Urine-saak: Moet Chinese vrou gedeporteer word?

‘n Chinese sakevrou, die 45-jarige Weng Long Zumei wat skuld erken het dat sy urine op ‘n straatverkoper by Stop n Shop gegooi het, veroorsaak ‘n openbare herrie ná haar arrestasie en boete van een duisend Namibiese dollar. Namibiërs sê nou hulle is moeg vir die slegte behandeling van Chinese en daar is ‘n oproep vir haar deportasie. Kosmos 94.1 Nuus het uitgereik na die man op straat en te hoor of hulle saamstem dat die vrou gedeporteer moet word…