Albino-olifanttjie vier mylpaal 

Die Hoedspruit-olifantrehabilitasie-en-ontwikkelingsentrum, HERD, in Limpopo, vier ‘n mylpaal met hul aangenome albino-olifant, Khanyisa, want die skaal toon sy weeg nou 600 kilogram. Die sentrum is op die terrein van die Kapama-wildreservaat geleë. Die seldsame dier is in September 2020 aangeneem toe sy net vier maande oud was. Sy was ernstig beseer. Volgens HERD benodig die tweejarige olifantjie die hele dag versorging, wat die verskaffing van melkformule insluit om haar groeiproses, welstand en gesondheid te verbeter.