Gasvryheidsvereniging hou Toerisme Handelsforum in Windhoek

Die Gasvryheidsverening van Namibië hou tans hul Toerisme Handelsforum in die hoofstad. Dit volg op hul suksesvolle kongres en toerisme-gala in Februarie in Lüderitz. Die toerisme-sektor is hard geslaan deur die Covid-pandemie, maar is besig om weer te herstel. Die Toerisme Handelsforum bied nuwe sakegeleenthede vir toerisme-organisasies. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die vereniging, gesels met Kosmos 94.1 Nuus