Klimaatsverandering het impak op voëls se broeiprestasie 

Vinnige klimaatsverandering kan die fisiologie, optrede en voortplantingsukses van diere negatief raak. Volgens Nicholas Pattinson van die Percy Fitzpatrick-instituut vir Afrika-voëlkunde aan die Universiteit van Kaapstad kan hoë temperature, wat hittegolwe insluit, negatief inwerk op broeiprestasie. Pattinson sê dit kan lei tot verminderde kanse vir jong voëls om te oorleef tot volwassenheid.