Gaan neem môre ‘n troeteldier aan by DBV van Windhoek

Die Dierebeskermingsvereniging se gunsteling-projek van die jaar, Adoption Clear The Shelters, is aan die gang. Tydens die projek word liefdevolle huise regoor Namibië vir soveel as moontlik troeteldiere probeer vind. In Windhoek sal 50 persent afslag op aannemingsfooie op troeteldiere aangebied word. Die bedryfsdirekteur Sylvia Breitenstein nooi Windhoekers uit om môre die Windhoek-tak te besoek.